NG Monumentpark

Image

Nuwe Lidmate

Ons ontmoet graag ons nuwe lidmate na afloop van die erediens en ons nuwe intrekker kuier een keer per kwartaal is ‘n hoogtepunt. Dis die geleentheid waar ons meer inligting verskaf rakende ons bedieninge, ons projekte en dit help ook om maklike inskakeling te verseker. Om intussen ingelig te wees kan jy hierdie QR Code skandeer om die weeklikse nuusbrief te ontvang.

Image

Doop

Die doopgeleentheid word geskeduleer nadat die doopaansoek ontvang is. Voltooi asb die vorm sodat die kantoor die nodige reélings kan tref. Doopgesprekke vind voor die doop plaas dus moet versoeke minstens 2 maande voor die beoogde datum deurgegee word.

Image

Debit Order

Lidmate se bydraes maak die bediening in Monumentpark moontlik en ons maak staat daarop. Saam maak ons ‘n verkil op die verskillende bedingingsvlakke van ons gemeente. Dit is ‘n voorreg om die gemeente se bydraes aan te wend op manier goedgekeur deur die kerkraad. NG Monumentpark rapporteer met trots aan die gemeente hoe hulle bydraes aangewend word. Hieronder is ‘n opsomming van hoe ons gemeente bydraes aanwend. Neem kennis dat jy ook deurentyd bydraes tot spesifieke projek kan maak. Sien meer daaroor op ons tuisblad kliek HIER

Image

Begrafnis

Verlies is ingrypend en vol uitdagings. Ons wil graag ondersteuning bied in hierdie moeilike tyd. Om dit moontlik te maak kan die kantoor gekontak word by 060….. Of die familie kan direk met Ds. Lizl-Louise kontak maak by [email protected]