NG Monumentpark

Wat is ons bedienings benadering?

God het die wêreld lief, nie ’n klein groepie gunsteling mense nie. As kerk is ons mense wat hierdie liefde van God met almal wil deel. Ons doen dit deur EREDIENSTE te hou waar ons God se liefde vier; deur geleenthede vir GELOOFSVORMING te skep waar ons leer en ervaar wat die liefde beteken; deur vir mekaar te SORG, deur UIT TE REIK na mense in nood.

Vir ’n gemeente om dit te doen, moet daar fondse en infrastruktuur wees. ADMINISTRASIE sorg daarvoor.

Ons werk nie met ’n binnekring wat alles probeer doen nie. Die bedieningstruktuur is ’n oop uitnodiging aan elke lidmaat, oud en jonk, om iewers betrokke te raak en te dien.

Image

Geloofsvorming

"Geloof groei deur ontmoeting en gesprek"

Ds. Lizl-Louise Schoeman

[email protected]
xxx xxx xxxx

Hierdie Diensraad fokus op die geloofsvorming van ál ons lidmate – van kleuter tot senior. Geloofsvorming vind plaas in drie ruimtes: groot groep, kleingroep en gesin.

Fokusbedieninge sluit in:

  • Jeuggroepe – Ons skep geleenthede waar die jongmense oor geloof kan gesels binne hulle eie ouderdomsgroep. Dit gebeur op Sondae oggende.

    Ons het ‘n groep vir studente en jongwerkendes wat gereeld saamkuier en eet. Hulle kom maandeliks bymekaar.

  • Jong volwassenes –

  • Ouerleiding – Ons wil ouers toerus vir die uitdagings van ouerskap en skep gereeld geleenthede waar relevante onderwerpe bespreek word.

  • Groeigroepe – Ons groei saam en daar is 2 groeigroepe waarby mense kan inskakel :

    • Woensdagoggend 9:00

    • Woensdagaand 18:00

  • Bottel & Bord – Ons lewe binne ‘n groter konteks wat voortdurend verander en ons uitdaag om by te bly. Bottel en bordaande is ‘n saamkuier waar ons luister na ‘n spreker wat insigte deel oor die relevante kwessies van die dag. Almal sorg vir hulle eie eet-en drinkgoed terwyl ons luister en daarna saamkuier.

  • Jongvolwassenes – Is jy ‘n student of jong werkende tussen 18 en 35 jaar oud, op soek na ‘n plek om in te skakel? Of jy nou enkellopend of getroud is – jy is welkom hier! Ons is 'n informele, vriendelike groep jong volwassenes wat nie altyd in ander groepe by die kerk inpas nie, maar wat graag saam geloof en gemeenskap wil beleef. Ons kuier een keer per maand saam met aktiwiteite soos braai by die kerk, speletjiesaande, uitstappies, ten pin bowling en ons gewilde jaarlikse wynproe. Ons wil ‘n ruimte skep waar jy net jouself kan wees, saam met ander wat op dieselfde pad is. Kontak Engela Ebersöhn.

Image

Erediens

"Vier die liefde van God saam"

Ds. Lizl-Louise Schoeman

[email protected]
xxx xxx xxxx

Die Erediens Diensraad fasiliteer betekenisvolle eredienste wat ruimte skep vir aanbidding, lering en gemeenskap. Hierdie span fokus op:

  • Musiekbediening – Musiek vorm ‘n integrale deel van ons eredienste. Ons het 2 begeleiers : Richard Prinsloo en Eranee de Beer wat afwisselend leiding neem.

  • Liturgiese beplanning – Eredienste is vir ons belangrik en die predikante gesels op ‘n Donderdag oor die naweek se diens wat voorlê.

  • Multimedia – Ons het ‘n span kundiges wat sorg dat die eredienste glad verloop. Dit sluit klank, hantering van die bord en lewendige uitsending in.

  • Gasvryheid en verwelkoming – Die erediensversorgers help dat ons eredienste glad verloop. Hulle is verantwoordelik vir diens tydens nagmaal en die opneem van die dankoffers.

Image

Uitreik

"Help ons om die wêreld heel te maak"

Petro Barnard

[email protected]
xxx xxx xxxx

Die Uitreik Diensraad dra die hart van diensbaarheid. Hierdie span mobiliseer die gemeente om Jesus se liefde prakties te leef – veral vir diegene in nood.

Sleutelbedieninge sluit in:

  • MonCare – MonCare is ‘n nie-winsgewende organisasie wat die gemeente in staat stel om by die breër gemeenskap betrokke te raak. Die fokus is veral op gesinsondersteuning en voorkomende werk.

  • Voorkomingsprojekte – Ons fokus op die voorkoming van probleme en probeer vroeg toetree indien daar reeds uitdagings is. Ons doen dit deur terapeutiese dienste vir mense in nood en vakansieprogramme in samewerking met die CMR.

  • Pleeghuisondersteuning – MonCare voorsien en onderhou die eiendom waarin ‘n pleeghuis binne die gemeenskap bedryf word.

  • Omgee-projekte – Ons gee om vir gesinne in nood en fokus veral op terapie, ondersteuning en die verligting van kosnood. Ons kan dit doen omdat die gemeente omgee en bydra tot die Spens.

Image

Administrasie

"Ons skep orde sodat bediening kan floreer"

Dr. James Kirkpatrick

[email protected]
xxx xxx xxxx

Hierdie Diensraad werk agter die skerms om te verseker dat alle ander bedieninge doeltreffend kan funksioneer. Hulle bestuur:

  • Finansies - Ons bestuur die finansies op so manier dat dit die verskillende bedieninge in die gemeente in staat stel om ‘n verskil te kan maak in die gemeente en gemeenskap.

  • Diensverhoudinge - Ons gee om vir ons personeel en sien om na hulle belange sodat hulle ‘n positiewe impak kan maak in die werksomgewing.

  • Eiendomme - Ons het ‘n verantwoordelikheid om om te sien na die eiendomme en terrein van die gemeente. Daar is verskeie projekte waarmee ons tans besig is.

  • Algemene administrasie - Ons glo dat Administrasie ondersteuning gee sodat elke bediening so goed as moontlik hulle werk kan doen.

Image

Sorg

"Ons gee om vir mekaar en ons wêreld"

Willie van Heerden

[email protected]
xxx xxx xxxx

Die Sorg Diensraad hou die gemeenskap saam met liefde, ondersteuning en viering. Hierdie bediening roep ons op tot omgee en verbondenheid.

Sorgbedieninge sluit in:

  • Ekologiese betrokkenheid - Ons is deel van ‘n groter aardgemeenskap en besef dat die manier hoe ons leef ook deel uitmaak van ons geloof. Ons het verskeie projekte wat ons saam met ander gemeentes aanpak.

  • Versorgerspan - Ons gee om vir mekaar en ook vir ons mense wat weens gesondheid of ouderdom nie meer mobiel is nie. Die groep versorgers kuier gereeld by bedleênde of huisgebonde persone en sorg dat daar steeds ‘n band met die gemeente is.

  • Gasvryheid - Die gasvryheidspan sorg vir ‘n warm atmosfeer en om mense gou tuis te laat voel. Daar is verskeie plekke waar hulle ‘n verskil maak : verwelkoming by die deure op ‘n Sondag, teeskink, gemeentekuiers na kerk.

  • Feeste - Ons hou van saamkuier. Die Wild en Wakkerfees is ‘n gesinsfees waarby die hele gemeente betrokke is. Daar is heerlike kos, stalletjies, vermaak vir die jongklomp en ‘n deli. Die hoogtepunt is ‘n aansit-ete en veiling. Hou 2 Augustus nou al oop in jou dagboek!

  • Pastoraat - Ons gee om vir mekaar en ondersteun mekaar in tye van nood.

  • Nuwe lidmate - Dit is vir ons belangrik dat nuwe mense tuis moet voel in die gemeente. Ons kuier een maal per kwartaal saam met mense wat nuut inskakel.

Volg ons op Sosiale Media